Spaar jou rande met koring onder besproeiing
Februarie 2007

Die gemiddelde produksiekoste vir besproeiingskoring beloop ongeveer
R8 580 per hektaar. Waterbestuur (besproeiing) en bemesting is twee hoofaspekte wat gewasgroei en die uiteindelike oesopbrengs dikteer. Die besproeiingskoste beloop ongeveer 19%, terwyl bemesting 27% van die produksiekoste uitmaak. Hierdie twee aspekte verlang gevolglik noukeurige bestuur.
 

In hierdie artikel:

Besproeiingskedulering
ʼn Paar belangrike terme
Metodes om grondwater te bepaal
Bemesting
Grondsuurheid
Tipe kalkbron
Riglyne vir kalkbehoefte
Stikstofbemesting
Fosforbemesting
Kaliumbemesting
Opsommend
Verwysings
Foto�s en tabelle


Indien optimaal bemes word en grondwaterstremmings word gedurende die groeiseisoen ondervind, kan laer as beplande opbrengste te wagte wees. Die omgekeerde is egter ook waar. Kunsmispryse het die afgelope jaar baie gestyg en die insetkoste gaan verder verhoog weens die aangekondigde verhoging van elektrisiteitstariewe. Die produsent kan gevolglik ook nie bekostig om meer water toe te dien as wat nodig is nie.

Besproeiingskedulering

Besproeiingskedulering word toegepas om te verseker dat die optimum grondwater op �n ekonomiese wyse in die wortelsone van die gewas gehandhaaf word, sodat optimale groei en produksie kan plaasvind. Elke besproeiingsprodusent behoort een of ander vorm van grondwatermetings te doen, waarop skedulering berus. Deur grondwatermetings op verskillende dieptes in die grondprofiel te doen, kan moontlike grondwatertekorte op sekere vlakke in die grondprofiel ge�dentifiseer word. Die skeduleringsprogram kan dan aangepas word om dit te voorkom. Daar moet ook gepoog word om die grond so na as moontlik by veldkapasiteit te kry met planttyd en dit deur die groeiseisoen daar te hou. Dit kan dan as �n buffer dien as daar onbeplande besproeiingsonderbrekings (byvoorbeeld brekasies en diefstal) opduik. Weens die ho� insetkoste en lae winsmarges is dit dus baie belangrik dat die produsent die regte hoeveelhede water op die regte tydstip toedien. Oor- en/of onderbesproeiing kan nie bekostig word nie. Oorbesproeiing het nie net verhoogde elektrisiteitskoste tot gevolg nie, maar dit kan ook waardevolle voedingstowwe uit die grond loog.
As daar na enkele verskillende grondtipes gekyk word, kan daar gesien word hoe �n groot rol die kleipersentasie in die waterhouvermo� van verskillende grondtipes speel (Tabel 1). Dit is gevolglik van kardinale belang dat �n produsent presies weet in watter tekstuurklas sy grond val. Dit is nie net vir besproeiingsprodusente belangrik om grondwaterbepalings te kan doen nie, maar ook vir produsente wat gewasse onder dro�land-toestande verbou.


�n Paar belangrike terme:

Veldkapasiteit is die maksimum hoeveelheid water wat in die grond kan voorkom wat nie deur gravitasie uit die profiel gedreineer kan word nie.
Verwelkpunt is die punt waarby die water wat in die grond teenwoordig is, ontoeganklik vir die plant raak. Die grond hou met ander woorde die water stywer vas as wat die plant die water kan onttrek.
Beskikbare water is die hoeveelheid water wat tussen veldkapasiteit en verwelkpunt in die grond vir die plant beskikbaar is.


Metodes om grondwater te bepaal:


Gravimetriese metode

Vir di� metode word geen spesiale apparaat benodig nie. �n Skaal wat klein hoeveelhede akkuraat kan weeg, �n grondboor, glasbotteltjies en �n oond is nodig. Di� metode is baie akkuraat, mits die skaal wat gebruik word akkuraat is. Nadele van die metode is dat dit redelik lank neem om die resultate te bereik. As daar baie monsters geneem word, is di� metode ook baie arbeidsintensief.

Tensiometers

�n Tensiometer bestaan uit �n plastiekpyp met �n keramiekpunt en �n drukmeter aan die ander punt. Die apparaat meet die suigspanning in die grond. Die voordele van die tensiometer is dat lesings dadelik beskikbaar is en enige tyd geneem kan word. Tensiometers is relatief goedkoop. Die nadeel van die apparaat is dat die installering van die meters ingewikkeld is en as die installering nie reg gedoen is nie, kan dit die akkuraatheid van die apparaat be�nvloed. Lesings kan ook net op vasgestelde dieptes (die lengte van die tensiometer) geneem word.

Karbiedvogmeter

Die karbiedvogmeter bestaan uit �n metaalbottel met �n prop wat �n drukmeter op het.
Die meter werk op die beginsel dat water wat met kalsiumkarbied in aanraking kom, asetileen vorm en dan drukking opbou. Karbiedvogmeters is relatief goedkoop. As daar baie monsters geneem word, is di� metode ook baie arbeidsintensief.

Neutronvogmeter
Di� apparaat werk met �n radio-aktiewe bron wat neutrone uitstraal. Die neutrone word deur water wat in die grond is, teruggekaats en weer deur die meter gemeet. Die voordele van die apparaat is sy akkuraatheid en herhaalbaarheid en dit is vinnig om �n meting met die meter te doen. Die apparaat is egter baie duur.

Bemesting

Gereelde verteenwoordigende grondontledings is nodig sodat op die regte plantvoedingsprogram besluit kan word en om onder- of oorbemesting te voorkom.

Grondsuurheid

Koring is uiters gevoelig vir suur gronde en dit is �n knelpunt wat reeds ernstige afmetings in die somerre�ngebied aanneem. Grondsuurheid kom wydverspreid voor en die neiging bestaan dat gronde in die ho� re�nvalgebiede suurder is.

Tipe kalkbron

Dit is belangrik dat die tipe kalkbron (kalsities of dolomities) wat aangewend gaan word, reg gekies moet word. Hierdie keuse word bepaal deur die Ca:Mg-verhouding en die Mg2+-inhoud van die grond.

Riglyne vir kalkbehoefte

Die pH (KCI) en die tekstuurklas van die grond word gebruik om �n aanduiding te kry van die kalkbehoefte vir koringverbouing. Indien die pH (KCI) laer is as 4,5; pH (CaCI2) laer as 5,0 of pH (H2O) laer as 5,5; moet volledige ontledings gedoen word om die kalkbehoefte te bepaal.

Stikstofbemesting

Die stikstofbemestingsriglyne vir besproeiingskoring word in Tabel 2 weergegee. Nuwer denkrigtings en metodes is om grondstikstofontledings te gebruik ten einde die stikstofbehoeftes te bereken.
Die praktyk om stikstof onder besproeiing te verdeel, het deur die jare baie aandag geniet. Daar is bevind dat effektiewe stikstofbestuur deur die groeiseisoen produsente in staat stel om ho� graanopbrengste met aanvaarbare prote�eninhoud te produseer (sien Tabel 3).

Fosforbemesting

In Tabel 4 word die fosforbemesting (kg P/ha) vir besproeiingskoring volgens beplanningsopbrengs en grondfosforgehalte volgens die Bray 1-ontledingsmetode aangegee.

Kaliumbemesting

Die algemene tendens bestaan dat kalium gewoonlik nie aangevul hoef te word by koringverbouing nie (sien Tabel 5). Tekorte kan nogtans voorkom, veral by hoog geloogde sandgrond of grond wat voorheen nie goed bemes was nie.


Opsommend

� Besproeiingskedulering is noodsaaklik by die besproeiing van koring en daar is verskeie
  metodes om grondwater te bepaal wat aangewend kan word vir skedulering.
� Daar is verskeie bestuursaspekte wat die suksesvolle produksie van koring onder besproeiing
  be�nvloed. Besproeiings- en bemestingskostes is die twee grootste uitgawekomponente vir
  die produsent en verg gevolglik baie goeie bestuur.


Verwysings:

Handleiding vir die produksie van kleingrane in die somerre�nvalgebied (2007) � LNR-IGG;
Kostegids vir Sentrale en Noordelike besproeiingsgebiede (2007) � Senwes; Noordwes Nuus, Nov./Des. 1999. Verskillende metodes om grondwater te bepaal (F. Yssel); http://waterquality.montana.edu � Wheat irrigation; http://www.oznet.ksu.edu; www.nouriche.com; http://www.tradertech.com
 

Foto�s en tabelle



Voorbeelde van verskillende grondvorme se waterhouvermo�.


Stikstofbemesting (kg N/ha) onder besproeiing volgens beplanningsopbrengste.


Verdeling van stikstof deur die groeiseisoen by verskillende opbrengsvlakke.


Fosforbemesting (kg P/ha) onder besproeiing volgens beplanningsopbrengs en grondfosforgehalte volgens die Bray 1-metode.


Riglyne vir kaliumbemesting (kg K/ha) onder besproeiing volgens grondkaliumstatus en beplanningsopbrengs.

*By grond met >35% klei (by grond met <35% klei word geen K aanbeveel nie).
Op <35% kleigrond kan K-toediening verdeel word deur die seisoen om deurlopende beskikbaarheid in die bogrond te verseker.